Текстов песен в базе: 1 278 222
Klop

Klop

Bernice West

Текст песни

As jy stil word en luister hoe my hart
'N Resies hardloop teen joune
En jou vingers verdwaal tussen die sterrestelsels van my lyf
Kan ek my hand in jou sak druk en dalk
'N Paadjie saam jou aanknoop
Want die mat op die vloer raak warm
As jy jouself daaroor uitstrooi
En jy my binne nooi
Klop klop klop klop
Hier aan my deur
En vat wat jou hart begeer
Want ons liefde het geen perke nie
Ek wil verdrink in dit wat jy my laat voel
Sal jy stywer bly langer lê
Ek wil jou diepste vrees leerken
Want die stories op jou borskas
Laat my weer voel soos toe ek kind was
Ek soek jou by my
Ek wil jou hande stil verlei
Tussendeur die paadjies van my rug
Verken jou vingers 'n liefdesklug
Wat ons altwee weer laat glo
Soos kinders in die tandmuis
Dan gaan bou ons maar weer 'n lighuis
Met die sterre bo ons kop
Ek sal my asem in jou verstop
Klop klop klop klop
Hier aan my deur
En vat wat jou hart begeer
Want ons liefde het geen perke nie
Ek wil verdrink in dit wat jy my laat voel
Klop klop klop klop
Hier aan my deur
En vat wat jou hart begeer
Want ons liefde het geen perke nie
Ek wil verdrink in dit wat jy my laat voel
Klop klop klop klop
Hier aan my deur
Поделиться ссылкой:
Короткая ссылка: https://tekstpesni.ru/s/5jFF

Тексты других песен исполнителя

© 2017–2025 Тексты песен
Все тексты песен на сайте размещены пользователями, редакцией или собраны из открытых источников.
При копировании материалов ссылка на сайт обязательна.
Связаться
Уважаемые обладатели прав на музыку! На сайте не выкладывается музыка, ее нельзя скачать, послушать и тому подобное.