Текстов песен в базе: 1 278 222
Sinkertjie

Sinkertjie

Bernice West

Текст песни

Daar’s altyd een wat laaste versuip
Altyd een wat die donker vir jou af byt
Altyd een te suinig vir sy eie vel
Altyd een wat die sinkertjies langs die pad optel
Ek sweer dis erger as hel
Maar wie’s ek om te praat as ek my raad beraad
En wie’s jy om te treur as jy niks makeer
Maar selfs al is daar iets waarvoor ons vlug
Die mense blyk maar anders in die lig
En dalk is jou storie nog nie klaar nie
So tel daai pen op my kind
Want jy verdien nie kommentaar nie
So tel daai pen op my kind
Want jy verdien nie kommentaar nie
Jou staar na die son en die maan verbied
Jou menswees in 'n boksie vasgegiet
As jy net kon vlieg
Verval die kleur op jou lego blokkies
Is daar iets wat jy sou oor kies
As jy net vroeër kon sê wat jou hart wou hê
Sou spyt ons verlaat het en geluk ons verras het
Maar selfs al is daar iets waarvoor ons vlug
Die mense blyk maar anders in die lig
En dalk is jou storie nog nie klaar nie
So tel daai pen op my kind
Want jy verdien nie kommentaar nie
My kind
Jy verdien nie kommentaar nie
En as jy sink dan sink ek saam
Want die tyd hier het geen genade nie
En as ek blink dan blink jy saam
Want ons drome is volkome beraam
En selfs al is daar iets waarvoor ons vlug
Die mense blyk maar anders in die lig
En dalk is jou storie nog nie klaar nie
So tel daai pen op my kind
Want jy verdien nie kommentaar nie
So tel daai pen op my kind
Want jy verdien nie kommentaar nie
Поделиться ссылкой:
Короткая ссылка: https://tekstpesni.ru/s/5jFC

Тексты других песен исполнителя

© 2017–2025 Тексты песен
Все тексты песен на сайте размещены пользователями, редакцией или собраны из открытых источников.
При копировании материалов ссылка на сайт обязательна.
Связаться
Уважаемые обладатели прав на музыку! На сайте не выкладывается музыка, ее нельзя скачать, послушать и тому подобное.