Текстов песен в базе: 1 278 222
Vir Jou

Vir Jou

Coenie De Villiers

Текст песни

Vir jou wil ek 'n huis hê
'n huis met 'n leiklipvloer;
'n witgekalkte skoorsteen
Wat deur die rietdak loer;
'n okkerneuthout-onderdeur
Wat kreun aan die skarnier
'n donskombers om in te beur
'n kaggel en 'n vuur
(koor)
Die dae is droef soos druiwe
Jou naam is soet soos mos
Die herfs is in die wingerd
Die son in elke tros;
Die winters hier is wondbaar
As die jaar se hitte kwyn
Die seisoen word oud en waardig;
Wat mos was, word nou wyn
Vir jou wil ek 'n bos hê
Waar jy dennenaalde ruik;
Reën wat oor die berg kom
Wat timmer teen die luik
En by die hek 'n bloekom
Met sy takke in die wind;
Hier in die koper-ledekant
Jou warm bruinoog-kind
(koor)
Al maak ek hierdie versie
Eenvoudig, lief, soos nou;
Die wens bly tog maar net 'n wens —
Die werklikheid verbrou
(koor)
Поделиться ссылкой:
Короткая ссылка: https://tekstpesni.ru/s/5Nvt

Тексты других песен исполнителя

© 2017–2025 Тексты песен
Все тексты песен на сайте размещены пользователями, редакцией или собраны из открытых источников.
При копировании материалов ссылка на сайт обязательна.
Связаться
Уважаемые обладатели прав на музыку! На сайте не выкладывается музыка, ее нельзя скачать, послушать и тому подобное.