Текстов песен в базе: 1 278 222
Kleintyd Verby

Kleintyd Verby

Coenie De Villiers

Текст песни

Koejawels ruik na Sondae toe ek klein was
En uit die boom se mik gereik het na die son
Maar nou, nou dat die boom nie meer dra nie
Het ek bitter-amandelsmaak leer ken
(KOOR)
Maar soms kom haal die perdewa my nog 'n keer
En ek proe die donker moerbeibloed en ek voel die seer
Van die rowe op my knieë
Wat net 'n botterboom kan gee
Granate langs die grensdraad in die najaar
So helder soos die toekoms van 'n kind
Maar dan vervaag die rooi en vloei die kleure
Tot 'n grysheid wat stom is en blind
(TUSSENSPEL)
Kopersamowar en geelhoutgrein
Kanferfoelielaning en die pyn
Van wonder waar die kronkel-kronkels lei
En of 'n langer lewe so akuut sal bly
(KOOR)
(Herhaal KOOR)
Поделиться ссылкой:
Короткая ссылка: https://tekstpesni.ru/s/5Nvw

Тексты других песен исполнителя

© 2017–2025 Тексты песен
Все тексты песен на сайте размещены пользователями, редакцией или собраны из открытых источников.
При копировании материалов ссылка на сайт обязательна.
Связаться
Уважаемые обладатели прав на музыку! На сайте не выкладывается музыка, ее нельзя скачать, послушать и тому подобное.