Текстов песен в базе: 1 278 222
Goeienag Generaal

Goeienag Generaal

Piet Botha

Текст песни

Ja, dit was die oorlog vir die nuwe dag
Vir die kerkraad, swanger meisie wat wag
In die reën, al die kinders wat die dominee seën
Al die jong laaities nou net uit die skool
Welkom, welkom
Dit was vir die ryk man op Waterkloofstraat
Blink gebou, almal werk, maar niemand mag praat
Was vir die weduwees en die armes van gees
En almal in uniform, en die kapelaan lees
Maar Whitey, jou oë op daar dag
Was blou net soos die lug
Toe ons weer so kyk
Het 'n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal
Hulle was die oorlog vir die nuwe dag
Vir Harry Oppenheimer en al sy maats
Vir Rembrandt van Rijn en Alfred Dunhill
En die OK Bazaars
En die hele bloody spul by die SAUK
Julle was die oorlog vir die CIA
Generaal ry rond in sy blink swart kar
Speel skaak met die kinders van ons land
En agter hom is die wêreld nou erg aan die brand
Maar Whitey, jou oë op daar dag
Was blou net soos die lug
Toe ons weer so kyk
Het 'n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal
Maar Whitey, jou oë op daar dag
Was blou net soos die lug
Toe ons weer so kyk
Het 'n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal, slaap lekker
Поделиться ссылкой:
Короткая ссылка: https://tekstpesni.ru/s/5K7s

Тексты других песен исполнителя

© 2017–2025 Тексты песен
Все тексты песен на сайте размещены пользователями, редакцией или собраны из открытых источников.
При копировании материалов ссылка на сайт обязательна.
Связаться
Уважаемые обладатели прав на музыку! На сайте не выкладывается музыка, ее нельзя скачать, послушать и тому подобное.