Текстов песен в базе: 1 278 222
Tussen Die Krake

Tussen Die Krake

Fokofpolisiekar

Текст песни

hierdie jaar het soos 'n vliegtuigenjin op my neergedaal
en ek neem aan ek sal moet verantwoordelikheid hiervoor aanvaar
my brose verstand
wat wit, warm
soos 'n jong vlam
hierdie lopende doodskis verbrand
onkunde sal altyd seëvier
jou haat sal jou verteer
dis jammer dat almal so verskriklik jammer is
soos traumapasiënte is ons gevoelloos
maar doelgerig om so vinnig as moontlik
ons pad
ons pad uiteindelik
uiteindelik hier uit te vind
jou haat sal jou verteer
in ons verbrokkelende fondasie
is daar nou lewe in krake
waar daar eers niks was nie
en ons sal bly en veg
en sodoende ons menswees verloor
maar wat bly dan oor?
my haat sal my verteer
Поделиться ссылкой:
Короткая ссылка: https://tekstpesni.ru/s/4MA8

Тексты других песен исполнителя

© 2017–2025 Тексты песен
Все тексты песен на сайте размещены пользователями, редакцией или собраны из открытых источников.
При копировании материалов ссылка на сайт обязательна.
Связаться
Уважаемые обладатели прав на музыку! На сайте не выкладывается музыка, ее нельзя скачать, послушать и тому подобное.