Текстов песен в базе: 1 278 222
Lenie Blou

Lenie Blou

Spoegwolf

Текст песни

Ek het gisteraand weer gewonder of ek vir jou maar kan bel
Ek het jou nommer in my kop en in
My mond afgetel
Daar was 'n spook in my bed
Sy wou my kaal uittrek
Sy wou my doop en my red
En by my vriende brag en sê:
'Hy's by my'
'Hy's by my'
'Hy's by my'
'Hy's by my'
Nee, dit was vieruur die oggend toe ek jou bene sien
Met daai goue lint wat om jou enkel bind
Jy sê 'Danie, jy sal my ook maar vir nooit weer kan sien
Jy’t te veel geroep en te veel gedink
Maak dit by verby, by met my
By verby, by met my
O Lenie, ek sweer dat as die oggend kom
Sal ek steeds hier staan, soos jou clown vermom
En jou pa kan skree, jou moed kan breek
Daar’s altyd moed wat in my steek
Ja hei hei hei, my Lenie Blou, hierdie bos brand net vir jou
Hei hei hei, my Lenie Blou, my Lenie Blou
Met jou donkerblou sukkel ek om asem te haal
En die klip in die lug lyk vir my te kaal:
Ek’t jou gesê selfs die engele sal my nooit kan keer nie
Ek het eenkeer verloor en nooit nooit weer nie
Jy, (Jy's vir my), die lig (die lig in my)
Ja jy’s, (Jy's vir my), die lig (die lig in my)
O Lenie, ek sweer dat as die oggend kom
Sal ek steeds hier staan, soos jou clown vermom
En jou pa kan skree, jou moed kan breek
Daar’s altyd moed wat in my steek
Hei hei hei, my Lenie Blou, hierdie bos brand net vir jou
Hei hei hei, my Lenie Blou, my Lenie Blou
(Hei hei hei, my Lenie Blou, hierdie bos brand net vir jou
Hei hei hei, my Lenie Blou, my Lenie Blou)
Поделиться ссылкой:
Короткая ссылка: https://tekstpesni.ru/s/4M9n

Тексты других песен исполнителя

© 2017–2025 Тексты песен
Все тексты песен на сайте размещены пользователями, редакцией или собраны из открытых источников.
При копировании материалов ссылка на сайт обязательна.
Связаться
Уважаемые обладатели прав на музыку! На сайте не выкладывается музыка, ее нельзя скачать, послушать и тому подобное.