Текстов песен в базе: 1 278 222
Meisiekind

Meisiekind

Juanita Du Plessis

Текст песни

Hierdie dag belangrik my lief
Die fotos in my hand 'n ope brief
Hier was jy nog in die gradeklas
Klein haasbekkie met handjies skoongewas
Hier’s jou kleinboet hy kon jou so pla
Geduld word mos van ma’s gevra
Hier jou matriekafskeidsdans
Jou rok so mooi, o sterreglans
Vandag is jou troudag my meisie
Jy word 'n vrou my kind
Mag vreugde groei deur die jare
Hierdie jou dag
Toekoms wat wag
My liefste, my meisiekind
Jy gaan weg dis soos die lewe is
My meisiekind ek sal jou baie mis
Daar is plek in ons familiekring
Vir hom wat jou vreugde bring
Meisiekind dis jou huweliksfees
Ek sal nie huil ek sal net vrolik wees
Hierdie more reeds pêrelgrou
Word wakker lief die toekoms wag vir jou
Vandag is jou troudag my meisie
Jy word 'n vrou my kind
Mag vreugde groei deur die jare
Hierdie jou dag
Toekoms wat wag
My liefste, my meisiekind
Поделиться ссылкой:
Короткая ссылка: https://tekstpesni.ru/s/6UVV

Тексты других песен исполнителя

© 2017–2025 Тексты песен
Все тексты песен на сайте размещены пользователями, редакцией или собраны из открытых источников.
При копировании материалов ссылка на сайт обязательна.
Связаться
Уважаемые обладатели прав на музыку! На сайте не выкладывается музыка, ее нельзя скачать, послушать и тому подобное.