Текстов песен в базе: 1 278 222
Ons Belofte Aan Mekaar

Ons Belofte Aan Mekaar

Juanita Du Plessis

Текст песни

Ontou jy nog, ons beloftes
Twee spore wat dieselfde pad begin
Die saam besluit om een te wees
Lief te hê en getrou te wees
Met my hand styf in joune
Ek wil langs jou lê elke môre
Ek wil jou vashou elke nag
Onder sterre oor ons drome waak
En saam ons kinders groot te maak
'n Wens, my laaste wens
Ek wil oud word saam met jou
Ek wil my lewe aan jou wei
Deur elke donker skadu en hoog bo teen die kranse
Sal ek volg waar jy my lei
Al is daar silwer in jou hare
En jou jare begin wys
Tot die dood ons eendag skei, sal ek jou lief hê
Want ek wil oud word saam met jou
'n Leeftyd is nie genoeg nie
En vir ewig is te min vir my
Dis 'n eindelose wentelbaan
Ek en jy en 'n lewe saam vir nou
En een vir altyd
Ek wil oud word saam met jou
Ek wil my lewe aan jou wei
Deur elke donker skadu en hoog bo teen die kranse
Sal ek volg waar jy my lei
Al is daar silwer in jou hare
En jou jare begin wys
Tot die dood ons eendag skei, sal ek jou lief hê
Want ek wil oud word saam met jou
Поделиться ссылкой:
Короткая ссылка: https://tekstpesni.ru/s/6UVY

Тексты других песен исполнителя

© 2017–2025 Тексты песен
Все тексты песен на сайте размещены пользователями, редакцией или собраны из открытых источников.
При копировании материалов ссылка на сайт обязательна.
Связаться
Уважаемые обладатели прав на музыку! На сайте не выкладывается музыка, ее нельзя скачать, послушать и тому подобное.