Текстов песен в базе: 1 278 222
Middelklas Middelman

Middelklas Middelman

Kontras

Текст песни

Skep my eie droomland, 'n Wonderwerk wêreld
Wek my eie energie op, maar kom nooit nêrens
Voorgee vergifinis vernietig my siel
Ek moet twee keer kyk om myself in die spieël te sien
My mure hoog gebou, oorlewingsmeganisme melodie
Vreemde verandering, breek nie bande nie
Somer sonder sondes lanklaas gesien
Jou groenhuisgasse verlaat nie my atmosfeer nie
Middelklas Middelman
My middelvinger vasgevang
Middelklas Middelman
My middeljare misbeplan
Kaalvoet kunsprojek, nou net normaal
Skakel in die sterrestelsel, noemingswaardig neutraal
Teveel terugslae trotseer sonder rede
Ek moet ophou vasklou aan 'n gebroke verlede
Werk ek vir 'n lewe, of lewe ek vir 'n werk?
Die dae is genommer, vervaldatums beperk
Die drome dreun soos n brander
Ek sukkel steeds om te verander
Middelklas Middelman
My middelvinger vasgevang
Middelklas Middelman
My middeljare misbeplan
Поделиться ссылкой:
Короткая ссылка: https://tekstpesni.ru/s/5v9W

Тексты других песен исполнителя

© 2017–2025 Тексты песен
Все тексты песен на сайте размещены пользователями, редакцией или собраны из открытых источников.
При копировании материалов ссылка на сайт обязательна.
Связаться
Уважаемые обладатели прав на музыку! На сайте не выкладывается музыка, ее нельзя скачать, послушать и тому подобное.