Текстов песен в базе: 1 278 232
Lied van Ruth - My Land Is Jou Land

Lied van Ruth - My Land Is Jou Land

Tabitha

Текст песни

Ek is n vreemde hier
Ek het my land gelos
Ek het jou pad gekruis
Ek het jou spoor gevolg
Jy het gesê gaan terug
Moe nie op my vertrou
Maar jy’s 'n deel van my
Wat doen ek sonder jou
En ek weet die toekoms is onseker
En die donker is digby
En ek weet ons wag 'n lang reis
Reg deur die woestyn
Reg deur die woestyn
Maar jou land is my land
Jou volk is my volk
Jou taal is my taal
Jouw God is my God
Jou droom is my droom
Jou pad is my pad
Jou toekoms my toekoms
Jou hart in my hart
Ek weet jou volk is bang
Voor ons wat anders is
Maar ek sal brugge bou
Daar waar die afgrond is
En ek sal terugverlang
Wanneer die wind sal waai
Wat uit die suide kom
Van my geboorte grond
Maar ek sal sterk wees
En ek sal oorleef
Want ek wil naas jou staan
Al sal dit moeilyk wees
Al sal dit moeilyk wees
Maar jou land is my land
Jou volk is my volk
Jou taal is my taal
Jouw God is my God
Jou droom is my droom
Jou pad is my pad
Jou toekoms my toekoms
Jou hart is my hart
Jou deel is my deel
Jou brood is my brood
Jou lewe imy lewe
Jou dood is my dood
En wanneer die donker kom
En jou mense my ontwyk
Sal ek my liefde gee
Totdat die haat verdwyn
Totdat die haat verdwyn
Want jou huis is my huis
Jou angs is my angs
Jou stilte my stilte
Jou land is my land
Поделиться ссылкой:
Короткая ссылка: https://tekstpesni.ru/s/2d2k

Тексты других песен исполнителя

© 2017–2025 Тексты песен
Все тексты песен на сайте размещены пользователями, редакцией или собраны из открытых источников.
При копировании материалов ссылка на сайт обязательна.
Связаться
Уважаемые обладатели прав на музыку! На сайте не выкладывается музыка, ее нельзя скачать, послушать и тому подобное.