Hillbrow
Johannes kerkorrel
Текст песни
Ou man sit by die straatkafees
En kyk al die mense loop heen-en-weer
Boemelaars raas by die Wimpy Bar
En Fontana is oop tot laat in die aand
Kaalvoet kinders in die straat, wys parkeerplek aan
En hou dan die hand, en hou dan die hand
En hou oop die hand… ja
En gee, gee, gee. Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow
In Quartz Straat hoor ek 'n meisie my roep
Daar’s 'n Hare Krishna wat vra wat ek soek
En ken ek vir Jesus? Vra 'n man op die stoep
Tussen Hillbrow records en Estoril Books
En dis lank na twaalfuur
En die Hillbrow toring stuur
Sy seine in die nag, sy sein in die nag
Sy sein vir die junkies wat wag, o
En gee, gee, gee. Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow
En die ligte gaan aan in die Chelsea Hotel
En stemme en musiek klink in elke woonstel
Ons sit in die son, drink wyn
Ons survive met 'n helse lot pyn in hierdie land, ja
Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef
Op die een wat kry wat hy vra, ja
En gee, gee, gee. Gee, gee, gee
Jou sente jou drome, jou toekoms vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow
Тексты других песен исполнителя
© 2017–2025
Тексты
песен
Все тексты песен на сайте размещены пользователями, редакцией или собраны из открытых источников.
При копировании материалов ссылка на сайт обязательна.
Уважаемые обладатели прав на музыку! На сайте не выкладывается музыка, ее нельзя скачать, послушать
и тому подобное.